Tipe webwerf | Rolprentnuus |
---|---|
Beskikbaar in | Engels |
Eienaars | Amazon.com |
Skepper | Brandon Gray |
URL | boxofficemojo.com |
Kommersieel | Ja |
Registrasie | Nie verpligtend nie |
Van stapel gestuur | 1999 |
Box Office Mojo is ’n webtuiste wat in 1999 begin is en die loketinkomste van rolprente en akteurs op ’n stelselmatige, algoritmiese manier naspoor. In 2008 is dit gekoop deur die Internet-rolprentdatabasis, wat deur Amazon besit word.[1][2] Die webtuiste word algemeen in die rolprentwese gebruik as ’n bron van data.